Vir jou
Die kyk in jou oë die glanslig wat skyn
Het heel myne rede en sinne laat verdwyn
Die skalksheid wat flikker en liggies uitgooi
Het al my voornemend gedagtes verstrooi
Maar agter alles met liefde wat wen
Het ek ook my eie gevoelens erken.
En agter gesels wou jy spanning wegsteek
Wat ek ondervind in my hart o so week
Wat so onbedaarlik gebons het vir jou
As ek jou gewaar het, jouself het aanskou
Die dartel persoon o so vol lewenslus
Wie gee uit haarselwe so onselfbewus.
Ek het geen verweer in my wese meer oor
Want jy in jouself het my hart so bekoor
Die kus van jou lippe die aanraking teer
My siel laat opstyg en my weerstand verweer
Ek weet net dat liefde in my het ontwaak
Met liefde en teerheid het jy my geraak.
My hart is verlore my sinne versteur
Die wonder van liefde het dit laat gebeur
Verlange na jou bly by my onbegrens
Naby jou te wees is my sugting en wens
Vir jou wil ek sing van my minne wat juig
Aan jou O my liefste my liefde betuig.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 9 Oktober 1988